Where

Tak Administrateur

WhatJobs
Mabopane Full-day Full-time

Description:

Ons het 'n pos beskikbaar vir 'n dame as Tak Administrateur by ons Stoor fasiliteite in die Annlin/Wonderboom area in Pretoria. Die geskikte kandidaat sal iemand moet wees wat positief, energiek, vol lewenslus, gesond en oor goeie adminstratiewe eienskappe beskik. Iemand met 'n oog vir fyner besonderhede in haar werk. Jy moet bereid wees om die ekstra myl te loop van tyd tot tyd. Jy sal daaglikse admin take verrig, geld invorderings doen, met kliënte skakel en rekenings uitsorteer. Betalings nagaan en seker maak dat die toegangs beheer beampte by die hek op hoogte gehou word van betalings. Jy sal moet kan Engels en Afrikaans magtig wees en nie bang wees vir harde werk nie. Jy sal met kollegas, werkers en kontrakteurs skakel om te verseker dat dinge by jou tak reg verloop. Jy sal opdragte van Bestuurders moet kan uitvoer en binne gegewe tydsgleuwe terugvoering gee oor sake indien dit so verlang word van jou. Om in ons bedryf suksesvol te wees moet jy nie skrik vir verskeidenheid van werk nie. Rekenaar geletterdheid is baie belangrik in ons werk. Jy moet vertroud wees met internet, Outlook vir eposse en Excell vir verslae wat aangestuur word en waarmee jy daagliks sal werk. Eerlikheid, betroubaarheid en hardwerkend is van selfsprekend nodig. Goeie gesondheid is belangrik vir hierdie pos. Sober gewoontes en iemand op wie ons kan staat maak. Geen ouderdoms beperking op aansoeke nie. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 29 Februarie 2024.Stuur volledige CV na info@allstorage.co.za. Indien jy nie van ons hoor binne 7 dae na die sluitings datum nie - kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was. Geen telefoniese of internet onderhoude sal gevoer word nie.
28 Mar 2024;   from: gumtree.co.za

Similar jobs

  • WhatJobs
  • Mabopane
... 'n pos beskikbaar vir 'n dame as Tak Administrateur by ons Stoor fasiliteite in ... verseker dat dinge by jou tak reg verloop. Jy sal opdragte ...
29 days ago

30 days ago